Blou Bulle Hoëprestasie Program. Twee van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria se 0/15-rugbyspelers, SP Schutte en Caleb Klein, skitter in rugby. Hulle is in die finale groep van die Blou Bulle-Hoëprestasie program opgeneem. Caleb Klein en SP Schutte se harde werk regdeur die jaar is beloon.
Die doel van die Blou Bulle Hoëprestasie-program is om jong rugbyspelers deur die Blou Bulle se Skole-afrigters te identifiseer. Hierdie spelers sal dan baat vind by topgehalte afrigting.
0/15-Spelers word in hul 0/15-jaar in ‘n groep ter voorbereiding vir hul 0/16-jaar opgeneem. Die seuns is verseker van ontwikkeling en voorbereiding om op ‘n hoër vlak te speel indien die geleentheid hom voordoen. In die jaar wat hul 0/16 is, staan hulle die kans om Blou Bulle-kleure te verwerf.
Spelers word op alle vlakke, oa fiksheid, vaardighede en besluitneming binne ‘n wedstrydomgewing getoets. Die finale groep ontvang intensiewe individuele aandag. Die kombinasie van skolerugby en dié program is vir die spelers van groot waarde.
Elke speler het die uitdaging om deel van hierdie sisteem vir hul volle skoolloopbaan te bly. Geleenthede vir hoë vlak rugby (na skool) by universiteite, klubrugby en selfs professionele rugby is vir hierdie seuns beskore.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Die Wilgers: