Skolekrieket. Primêre Skool Universitas se eerste krieketspan het die afgelope week krieket-koning gekraai by Primêre Skool Willem Postma se skolekrieket aandliga.
Tjokkies speel eerste die aand teen Grey Kollege Primêr B-span en wen met 8 paaltjies.
Tjokkies uitblinkers:
- Cullen Keuris 53* (18)
- Pieter de Bruyn 30 (9)
- Aidan du Toit 3-24
- Pieter de Bruyn 3-39
Die Tjokkies speel die tweede aand teen Primêre Skool Fichardtpark en wen met 9 lopies.
Tjokkies uitblinker:
- Cullen Keuris 31 (18)
Die Tjokkies speel die laaste aand in die finaal teen Willem Postma en wen met 3 paaltjies.
Tjokkies uitblinkers:
- Nayden Viljoen 55* (34)
- Cullen Keuris 3-11
- Marcel Cilliers 3-28
Tjokkies se eerste span wen eindelik die Willem Postma 2024 aandliga toernooi. Welgedaan aan die Tjokkies-manne.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








