Skolekrieket in Dubai. Drie krieketspelers van Klerksdorp Hoërskool het onlangs in Dubai krieket gespeel.
Die bekende Suid-Afrikaanse krieketspeler, Imran Tahir, was ook tydens die wedstryde teenwoordig.
Die seuns het uitstekend gevaar in die wedstryde wat in die vorm van T20 en 25-beurtwedstryde aangebied is.
Beste kolftellings:
- Marko du Plooy: 28 lopies van 19 balle
- Kelvin du Plooy: 31 lopies van 32 balle
- Johandre Ackerman: 32 lopies van 32 balle
Beste boulsyfers:
- Marko du Plooy: 1 paaltjie vir 17 lopies in 4 beurte
- Kelvin du Plooy: 2 paaltjies vir 24 lopies in 3 beurte
- Johandre Ackerman: 4 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte
Die toer was ’n waardevolle ervaring vir die spelers en het hulle die geleentheid gebied om hul talent op ’n internasionale verhoog te wys.
Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf













