Skolekrieket. Hoërskool Witteberg se 1ste krieketspan het die naweek in ‘n skolekrieket wedstryd teen Welkom Gimnasium te staan gekom.
Witteberg wen die loot en besluit om eerste te kolf. Janco Botha speel ‘n uitstekende kapteinsbeurt met 75 lopies van 99 balle. Daarna het Pieter Nel, op sy debuut vir die skool se eerstespan, ook 55 lopies van 42 balle bygedra. Dit het Witteberg se totaal na 250/10 in 44.3 beurte verhoog.
Daarna was dit Witteberg se beurt om die totaal te verdedig. Welkom Gimnasium se openingskolwer, Munru Heiberg, maak dinge vir Witteberg moeilik met ‘n uitstekende beurt van 82 lopies van 92 balle.
Witteberg se boulers skakel oor na die hoogste rat en boul Welkom Gimnasium uit vir 194 lopies. Kyle Nel staan uit met 3 paaltjies vir 35 lopies in 9 beurte.
Witteberg wen die wedstryd met 56 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








