Skolekrieket. Die eerste krieketspan van Hoërskool Jim Fouché het in ‘n skolekrieket wedstryd afgereken met Curro Mosselbaai. Daarmee wen JF hul eerste toerwedstryd met 7 paaltjies.
JF se beste boulers :
- Adrian de Necker met 5 paaltjies vir 23 lopies
- Cobus Wilken: 2 vir 27
- André Kleyn: 1 vir 22
JF se beste kolwers:
- Niel Wilken: 74 lopies
- Adrian de Necker: 37 n.u.n.
- Cobus Wilken: 24 n.u.n.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









