Skolekrieket. Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal se o.15C krieketspan (Skaapstekers) het Woensdag, 23 Oktober, teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn se o.15B span in ‘n skolekrieket wedstryd te staan gekom.
Oakdale verloor die loot en word ingestuur om eerste te kolf. Die laaste paaltjie kantel in die 17de boulbeurt vir ‘n totaal van 96 lopies.
Beste kolwers:
- Lafras van Greunen: 19 lopies vir 17 balle.
- Johandrè Posthumus: 15 lopies vir 17 balle.
Langenhoven Gim behaal 90 lopies in hul 20ste boulbeurt.
Beste boulers:
- Hendrè Botes: 3 paaltjies vir 15 lopies in 4 boulbeurte.
- Rico Stadler: 2 paaltjies vir 15 lopies in 4 boulbeurte.
Oakdale o.19C Krieketspan
Oakdale se derde span het Woensdag, 23 Oktober teen Hoërskool Heidelberg te staan gekom.
Uitslae was as volg:
- Oakdale wen met 17 Lopies.
Beste kolwer:
- Sasha Geldenhuys met 71 lopies.
Beste bouler:
- Mardo Wasserman met 2 paaltjies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








