Skolehokkie. Hoërskool Rustenburg se Eerste dogtershokkiespan het Sondag, 6 Augustus, ‘n skolehokkie oefenwedstryd teen die RHS Old Girls gespeel. Dit was ook hul laaste oefening en tuiswedstryd vir hierdie seisoen.
Vandag, 8 Augustus, vertrek die 1ste-span na Meyerton om deel te neem aan die Noordvaal-hokkietoernooi. Tydens hierdie geleentheid ontvang vyf dogters elkeen ‘n aansteekspelt vir die 50 wedstryde wat hul as lid van die 1ste-span gespeel het.
Die vyf dogters wat die erkenning ontvang, is:
- Rulene Nieuwenhuizen
- Ro-anri Minnaar
- Elsche Führi
- Tiané Visser
- Heidri de Jager
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf