Skolehokkie. Hoërskool Linden blink uit in skolehokkie finale liga-uitspele!
Hoërskool Linden se hokkiespanne het die afgelope naweek ’n uitstekende vertoning gelewer tydens die finale liga-uitspele. Linden se spelers het hul skool se naam met trots laat weerklink. “Ons is ongelooflik trots op elke speler—seun én dogter—wat met toewyding, deursettingsvermoë en spanwerk gesorg het vir ’n merkwaardige afsluiting van die seisoen.”
Verskeie spanne het boonop gekwalifiseer vir die onderskeie Noordvaal-kompetisies, wat hulle plek tussen die beste in die streek bevestig.
Baie sterkte aan almal met die laaste voorbereidings—ons sien uit na die pad vorentoe!
’n Spesiale dank aan al die afrigters, skolehokkie ondersteuners en spelers.
Seunshokkie:
- o.14A wen 1–0 teen Noordheuwel (Semi-finaal)
- o.14A verloor 0–4 teen Helpmekaar (Naaswenners; kwalifiseer vir Noordvaal A-afdeling vir Grootskole)
Dogtershokkie:
- o.14A verloor 0–1 teen Helpmekaar Kollege (Naaswenners; kwalifiseer vir Noordvaal B-afdeling vir Grootskole)
- o.14B wen 1–0 teen Helpmekaar Kollege(Ligawenners)
- o.15A verloor 0–1 teen Parktown Girls (Kwalifiseer vir Noordvaal B-afdeling vir Grootskole)
- Juniorspan verloor 0–1 teen Parktown Girls (Eindig in Top 4 van die liga)
- o.16A verloor 0–2 teen Helpmekaar (Naaswenners; kwalifiseer vir Noordvaal B-afdeling vir Grootskole)
- 2de-span verloor met “Penalty Flicks” teen Heronbridge (Top 6 in liga)
- 1ste-span verloor met “Penalty Flicks” teen Helpmekaar (Naaswenners; kwalifiseer vir Noordvaal B-afdeling vir Grootskole).






Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








