Skole Krieket. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se o.15A-krieketspan het Dinsdagmiddag ‘n T20 skole krieket wedstryd teen Wesbank Sekondêr gespeel.
Swartland kolf eerste in die krieket wedstryd en teken ‘n reuse 191 lopies aan vir slegs 3 paaltjies.
Iaan Snyders en Ruan Fluks het die kolfbeurt geopen en saam gekolf tot by die 18de boulbeurt. Hulle deel ‘n vennootskap van 170 lopies.
- Iaan eindig op 82 lopies
- Ruan behaal 73 lopies
Wesbank teken in hul kolfbeurt 50 lopies aan.
- Christiaan Mocke neem 4 van Wesbank se paaltjies
- Du Preez Erasmus neem 3 van hul paaltjies
Swartland wen die wedstryd met ‘n oortuigende 141 lopies.
Foto’s verskaf