Triumph Netbal toernooi. Die afgelope Saterdag, 28 Oktober, het Hoërskool Randburg se Eerste- en o.15 netbalspanne van 2024 aan die Triumph toernooi by Cornwall Hill College deelgeneem ter voorbereiding vir die volgende seisoen. Dit was ‘n lekker toernooi en ons Randjiemeisies het ons naam hoog gehou!
Die volgende meisies stap ook weg met die volgende pryse:
- Issabella Murrison – Beste speler o.15
- Skyler Vorster – Beste doel o.19
Vier van Randburg se meisies is gekies om in die Dubai spanne, vir die 7’s toernooi in 2024, te speel:
- Skyler Vorster
- Ilke Botha
- Isabella Murison
- Lara Boshoff
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf