Skole Krieket. Hoërskool Strand se 1ste krieketspan en o.15A span het in skole krieket wedstryde teen Hoërskool Parel Vallei gespeel.
1ste Span
Parel Vallei se 1ste span het eerste gekolf en 208 lopies aangeteken.
Morne Meyer van Hoërskool Strand het briljant geboul en 7 paaltjies platgetrek en 54 lopies afgestaan Hoërskool Strand het daarna 131 lopies aangeteken. Die kaptein, Daniël Theron, het ‘n skitterende 50 lopies van 55 balle aangeteken.
Die Strand was ietwat ongelukkig om met 77 lopies te verloor.
O.15 Krieket
Parel Vallei se O/14A–span is vir 119 lopies uitgeboul.
Keathan Gertze het 3 paaltjies vir 9 lopies en Bevan Botha 3 paaltjies vir 14 lopies platgetrek.
Hoërskool Strand se O/15A–krieketspan het daarna 121 lopies vir die verlies van 4 paaltjies aangeteken.
Joshua Human van Strand het ‘n skitterende 65 nie uit nie aangeteken. Bevan Botha het met ‘n verdienstelike 25 lopies hom goed bygestaan.
Die Strand klop dus Parel Vallei met 6 paalties.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf