Skole Krieket. Jim Fouché se eerste span behaal oortuigende oorwinning.
Die eerste krieketspan van Hoërskool Jim Fouché het Saterdag, 14 Februarie, ’n klinkende oorwinning van 169 lopies oor Hoërskool Bethlehem Voortrekker behaal.
JF het eerste gekolf en ’n indrukwekkende totaal van 261/7 in 50 boulbeurte aangeteken. Bethlehem Voortrekker kon nie die druk weerstaan nie en is vir slegs 92 lopies uitgedelg.
Uitblinkers met die kolf was Franco de Necker (56), Jodan Vorster (53), Ruan Kleyn (50), Ruan Kleyn (32) en Benco Olivier (27).
Met die bal het Jareth Scott die teenstanders se kolfbeurt verwoes met sy vyf paaltjies vir net 13 lopies. Hy is uitstekend ondersteun deur Cobus Wilken (2/0) en André Kleyn (2/14).
Die oorwinning plaas Jim Fouché se eerste span weer ferm op die wenpad en beklemtoon die span se diepte en balans.
’n Fantastiese spanpoging wat die manne weer op die wenpad geplaas het.
Baie geluk, manne!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










