Skole atletiek – Errie atlete van Ermelo het die vriendskaplike byeenkoms te Hoërskool Nelspruit bygewoon. Elke atleet het Hoërskool Ermelo se naam met trots gedra.
Skole soos Afrikaans Hoër Seuns, Afrikaans Hoër Meisies, Hoërskool Rob Ferreira en Hoërskool Nelspruit het deelgeneem en was besonders sterk. Erries het hul ware potensiaal en talente ten toon gestel om vir die res van die deelnemers te wys waartoe hulle in staat is.
Die Errie-atlete het deur die loop van die skole atletiek byeenkoms nege eerste plekke behaal. Twee Victor Ludorum trofeë is ook behaal deur Tyrone Berning: 0/16 en Marius Nel: 0/19.
Welgedaan Erries! Julle talente word raakgesien en harde werk is beloon!!
Die volgende byeenkoms vind plaas op Vrydag 4 Februarie te Hoërskool Rob Ferreira.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf