Skitterende Skoleswem. Hoërskool Langenhoven: Swemnuus.
Die swemmers van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het onlangs weer hul talent en deursettingsvermoë op die groot verhoog ten toon gestel.
Anna Janse van Rensburg. Anna is gekies as lid van die Eden Senior Swemspan wat op 10 Januarie aan die Interdistrik Swemgala in Port Elizabeth deelgeneem het. Sy het ’n uitstekende vertoning gelewer deur ’n 7de plek in die 50 m borsslag te behaal. Anna was ook deel van haar aflosspan wat ’n indrukwekkende 4de plek verower het – ’n prestasie wat groot lof verdien.
Nico de Villiers. Nico het sy skool se naam hoog gehou tydens die JL3 Swemgala wat onlangs in George plaasgevind het. Hy het met groot sukses deelgeneem en die volgende uitslae behaal:
- 1ste plek – 100 m borsslag
- 2de plek – 50 m rugslag
- 2de plek – 100 m vryslag
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









