Skitterende Matriek-uitslae 2025. 🌟 Hoërskool Jim Fouché vier uitblinkende Matriekuitslae 2025!
Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het weer bewys hoekom dit as een van die top akademiese instellings in die Vrystaat bekendstaan. Die matriekuitslae van 2025 is ’n ware fees van uitnemendheid en harde werk.
Toppresteerder
- Jaco Deysel, JF se nr. 1 matrikulant van 2025, het ’n ongelooflike 9 onderskeidings behaal met ’n gemiddeld van 95,3%. ’n Prestasie wat hom in die absolute top van die land se akademiese sterre plaas.
7 Onderskeidings
- Janeli Saaiman (92,4%)
- Amoné Verwey (90,7%)
- Janah Swarts (89,1%)
- Wihan Coertzen (88,3%)
- JD Roux (87,7%)
- Annabeth Barnard (85,6%)
- Christiaan Botha (84%)
6 Onderskeidings
- Lily Basson (85,4%)
- Danelle Gouws (83,3%)
- Thinus Marais (81,3%)
5 Onderskeidings
- Kaylee Coetzee
- Suné Deacon
- Garran Grace
- Roxanne Lamprecht
- Carli Momberg
- Edané Niemand
- Danelle Smith
…En nog meer skitterende prestasies
- 25 Leerder behaal ‘n gemiddeld van 80% en meer.
- 271 Onderskeidings
- 99,5% (195/196) Slaagsyfer
- 92,9% Persentasie universiteitstolating (Bachelors)
🎉 ’n Skool van uitblinkers
Met soveel leerders wat vyf of meer onderskeidings behaal het, bevestig JF sy reputasie as ’n skool waar toewyding, deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid hand aan hand gaan.
Baie geluk aan al die presteerders – julle maak Hoërskool Jim Fouché en Bloemfontein trots!


Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










