As daar nou iemand is wat met woorde kan toor en kinders op ‘n verbeeldingsreis na ‘n ander wêreld vol geliefde karakters kan neem, is dit Fanie Viljoen. Die skepper van kinderboeke soos “Slym se stories”, “Pieksel”, “Kaptein Verdwyn” en vele meer het so bietjie by Laerskool Stulting kom gesels oor sy boeke. Die kinders het behoorlik aan sy lippe gehang en die inspirerende praatjie geniet!
Foto bo: Rudolph Gerber(hoofseun) by die skrywer, Fanie Viljoen.