Die Boland-krieketunie se jaarlikse toekenningsaand het op 27 Julie by die Protea Hotel naby Stellenbosch se Tegnopark plaasgevind. By hierdie geleentheid is talle klubspelers vir hul prestasies vereer. Slegs vyf skoolseuns is na hierdie spoggeleentheid uitgenooi.
By hierdie geleentheid is twee bekers aan Liam Martin van Hoërskool Strand toegeken:
• die trofee vir Speler van die Toernooi. Hierdie O/17-Platteland-toernooi het in Desember 2018 in Kimberley plaasgevind.
• Liam is vervolgens tot die SA O/17-Plattelandspan verkies en daarvoor is ook ‘n trofee aan hom toegeken.
Hierdie begaafde krieketspeler is die eerste krieketspeler van Strand Hoërskool wat hierdie besondere eer te beurt val. Hoërskool Strand kan dus met reg trots wees op Liam Martin.