Rikus Cilliers, graad 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het tydens die naweek van 19 tot 21 Julie as lid van die o/19-Suid-Afrikaanse Polocrosse-span teen die Internasionale Barbarianspan te staan gekom op Mooirivier in Natal. Die Barbarianspan bestaan uit spelers van Australië, Nieu-Seeland, Engeland en Zambië.
Suid-Afrika wen die reeks toetse deur al drie die wedstryde onderskeidelik met 25-17, 24-22 en 32-21 te wen.
Baie geluk vir jou aandeel in die span het, Rikus.
Die Erries is waarlik trots op jou!