Die Hoërskool Ermelo-koor, wat bestaan uit 60 lede, het Dinsdagaand, 23 Julie, deelgeneem aan ‘n koorfees te NG Moedergemeente, Bethal.
Die gehoor is meegevoer deur die suiwer klanke van die dogterskoor met hul vertolking van “Sister Act”.
Die ensemble-groep is ‘n kleiner groep, en het “Tears in Heaven” en “The Lion sleeps Tonight” meesterlik vertolk.
Hoërskool Ermelo is uiters trots op hierdie koor wat in twee jaar besondere hoogtes bereik het.
Foto bo: Die ensamble-groep











