Skaapskeer. Augsburg Landbougimnasium van Clanwilliam se skaapskeer span het die afgelope drie weke hard geoefen by S.W. van Zyl (Wadrift-boerdery). Die skool bedank ook vir Niekie Loubser wat die leerders touwys gemaak het.
Augsburg se span het Saterdag, 18 Februarie, deelgeneem aan ‘n kompetisie by Riversdal. Jami-Lee Mclean is een van twee jongste deelnemers wat plek gekry het in die WP-span vir die klas van wol. Sy gaan op 27 April deelneem aan die SA-kampioenskappe in Bloemfontein.
Augsburg wens ook twee van hul oud-leerders, Barend Lubbe en Jean-Mari Jordaan, geluk wat ook die WP-span behaal het vir skaapskeer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf