Skaapskandering. Die graad 12 LBP-leerders van Hoër Landbouskool Marlow van Cradock het ‘n skaapskandering kursus bygewoon. Hierdie kursus is by Marlow aangebied op Woensdag, 20 Julie en Donderdag 21 Julie.
Gustav van Zyl en Narita Smith het die kursus aangebied. Dit is die eerste keer in Marlow se geskiedenis wat dié kursus aangebied is. Mnr Gustav van Zyl sê dis sy eerste skandering kursus wat hy by enige landbouskool in die land aanbied. Die kursus is met baie professionaliteit aangebied deur Gustav van Zyl en Narita Smith.
Marlow se seuns kon weereens vaardighede aanleer wat geen ander ander skool bied nie. Die skool en leerders bedank Gustav van Zyl en Narita Smith wat die kursus aangebied het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf