Skaakmat? Beslis nie vir Anrico nie! Anrico Moolman, ‘n gr.3 leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp, het ‘n 2de plek ontvang tydens ‘n onlangse skaakwedstryd.
Hy is gekies om deel te neem aan ‘n geslote toernooi wat oor 2 weke sal plaasvind. Die leerders wat by hierdie toernooi die beste vaar sal dan gekies word vir die nasionale toernooi later vanjaar.
Foto: Anrico Moolman (2de van links) saam met die ander 2 leerders wat onderskeidelik 1ste en 3de plek behaal het.