Leerders van Laerskool Stulting het kliphard gespaar om hul spaarvarkies propvol te maak vir die muntlegging wat die afgelope week gehou is.
Die leerders het nie teleurgestel met die sakkies vol munte wat hulle saam skool toe gebring het nie. Selfs die kleinste gr. RR maatjie het hande vol munte gebring om ook sy/haar deel vir die muntlegging-projek te gee.
Die muntlegging het ‘n hele paar duisend rand opgelewer! Die fondse wat ingesamel is sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.
Om in die gemeenskap betrokke te wees is baie belangrik, dit maak nie saak of jy nou 4 of selfs 80 jaar oud is nie. Laerskool Stulting leer steeds hul leerders al vir die afgelope 80 jaar hierdie belangrike waarde. Die skool se slagspreuk sê nie verniet “Laat skyn jou lig tot voordeel van ander” nie!
Foto’s bo: Die gr.6-dogters pak hulle munte netjies op die 80-vorm uit.














