Heart Health

Simbiotiese ATKV Sêrwenners bekroon – Hoërskool Garsfontein

Simbiotiese ATKV Sêrwenners bekroon. Foto: Beste musiektalent, Hoërskool Garsfontein met die produksie Checkers Sixty60 superheroes.

Nasionale sêrmentors, Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Niemand anders nie as die Hoërskool Garsfontein met Checkers Sixty60 superheroes het daarin geslaag om die beoordelaars met hul simbiotiese ritmes en klanke te oorrompel en is as die nasionale ATKV-Sêrwenner aangewys. Die ATKV-Sêrfinaal het plaasgevind op 23 September in die Kunstekaap in Kaapstad.

’n Simbiotiese aanbieding van kleur, klank en choreografie, verweef met kwinkslae van die akteur en komediant Solomon Cupido as seremoniemeester, het gesorg vir ’n ATKV-simbiotiese-sêrervaring soos min.

Dapper sêrgroepe van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Sêrkompetisie deelgeneem en die top-4-produksies is na die nasionale finaal genooi.

Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Sêr 2024 se nasionale finaal:

  • Die beste hantering van tegniese aspekte is: Hoërskool Parel Vallei met Koerant.
  • Die beste musikaliteit is toegeken aan: Hoërskool Garsfontein met die produksie Checkers Sixty60 superheroes.
  • Die beste nuwe komposisie is toegeken aan: Hoërskool Garsfontein met die lied My Droom werk.
  • Die beste produksie en wenner van R20 000, asook die ATKV-Sêrwisseltrofee, is: Hoërskool Garsfontein met Checkers Sixty60 superheroes.

‘n Klankopname van die ATKV-Sêrfinaal word op Sondag 29 September om 16:00 op Fine Music Radio uitgesaai. Skakel in en luister simbioties saam na ons toonaangewende sêrfinaliste.

Checkers sixty60 Superheroes
Checkers sixty60 Superheroes

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/

https://www.garsies.co.za/

Sponsored By

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Eintlik kàn godsdiens ‘n mens baie ryk maak. 1Timoteus 6: 6-8 Thought of the Week – But godliness actually is a source of great gain…

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala. Swartland blink uit in Stellenbosch. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se swemspan het op 30 Oktober aan die eerste Liga-swemgala van die 2025/26-seisoen deelgeneem. Die gala is by Rhenish Girls High…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit