)

Simbiotiese ATKV Sêrwenners bekroon – Hoërskool Garsfontein

Simbiotiese ATKV Sêrwenners bekroon. Foto: Beste musiektalent, Hoërskool Garsfontein met die produksie Checkers Sixty60 superheroes.

Nasionale sêrmentors, Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Niemand anders nie as die Hoërskool Garsfontein met Checkers Sixty60 superheroes het daarin geslaag om die beoordelaars met hul simbiotiese ritmes en klanke te oorrompel en is as die nasionale ATKV-Sêrwenner aangewys. Die ATKV-Sêrfinaal het plaasgevind op 23 September in die Kunstekaap in Kaapstad.

’n Simbiotiese aanbieding van kleur, klank en choreografie, verweef met kwinkslae van die akteur en komediant Solomon Cupido as seremoniemeester, het gesorg vir ’n ATKV-simbiotiese-sêrervaring soos min.

Dapper sêrgroepe van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Sêrkompetisie deelgeneem en die top-4-produksies is na die nasionale finaal genooi.

Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Sêr 2024 se nasionale finaal:

  • Die beste hantering van tegniese aspekte is: Hoërskool Parel Vallei met Koerant.
  • Die beste musikaliteit is toegeken aan: Hoërskool Garsfontein met die produksie Checkers Sixty60 superheroes.
  • Die beste nuwe komposisie is toegeken aan: Hoërskool Garsfontein met die lied My Droom werk.
  • Die beste produksie en wenner van R20 000, asook die ATKV-Sêrwisseltrofee, is: Hoërskool Garsfontein met Checkers Sixty60 superheroes.

‘n Klankopname van die ATKV-Sêrfinaal word op Sondag 29 September om 16:00 op Fine Music Radio uitgesaai. Skakel in en luister simbioties saam na ons toonaangewende sêrfinaliste.

Checkers sixty60 Superheroes
Checkers sixty60 Superheroes

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.garsies.co.za/

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal