)

Seuns krieketspanne hou Ligbron se naam hoog

Die seuns krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede week aan verskeie wedstryde deelgeneem en gemengde welslae behaal.

Die o/14-span het Maandag, 27 Augustus teen Hoërskool Ermelo se o/14’s op Ligbron se velde gespeel. EHS kolf eerste en teken 135 lopies 3 paaltjies 20 boulbeurte aan. Die boulers wat uitgeblink het is Micael Jardim met 2 paaltjies vir 22 lopies in 4 boulbeurte en Dries Odendaal 1 paaltjie vir 25 lopies in 4 boulbeurte.

Ligbron kolf en teken 136 lopies vir 2 paaltjies in 18.3 boulbeurte aan. Weldon Strydom teken 43 lopies aan, terwyl Wynand Moolman 45 lopies en Micael Jardim 20 lopies aanteken. Ligbron wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Die o/15B krieketspan het op Dinsdag, 28 Augustus teen WH de Klerk se o/15A-span gespeel. WH de Klerk het eerste gekolf en 125 lopies aangeteken met Wynand Beck en Blake van der Westhuizen wat elkeen 2 paaltjies geneem het. Ligbron het met hul beurt slegs 40 lopies aangeteken en dus wedstryd met 85 lopies verloor.

Die eerstespan het op Woensdag, 29 Augustus, tuis teen Hoërskool Hoogenhout ‘n T20 wedstryd gespeel. Die Liggies kolf eerste en teken 220 lopies vir 3 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Die volgende kolwers blink uit: Ruben Herbst slaan 102 lopies van 63 balle, Mark Niebuhr maak 48 lopies van 25 balle, Eittene van Rooyen teken 22 lopies van 25 balle aan en Sias Jacobs maak 27 lopies van 9 balle. Hoogenhout kolf en teken 116 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Ligbron wen die wedstryd met 104 lopies. Baie geluk aan Ruben Herbst met sy honderdtal van 102 lopies.

Die tweedespan het op Saterdag, 1 September, in Secunda teen Hoërskool Oosterland se tweedespan te staan gekom. Ligbron kolf eerste en teken 166 lopies vir 6 paaltjies in 20 boulbeurte. Hendrico Jooste teken 55 lopies aan en Hernu le Roux maak 56 lopies (nie uit nie). Oosterland kolf en maak 62 lopies vir 10 paaltjies in 8.5 boulbeurte.

Zenkosi Nkambule blink uit met 4 paaltjies vir 6 lopies in 1.5 boulbeurte en Pierre van Zyl neem 4 paaltjies vir 26 lopies in 3 boulbeurte.

Ligbron wen die wedstryd met 104 lopies.

Fotos: Ruben Herbst (1stes)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal