)

Erries het nog ‘n goeie krieket-week agter die rug

Die o/14A-krieketspan van Hoërskool Ermelo het op Maandag 27 Augustus teen Ligbron Akademie vir Tegnologie gespeel.

Die Erries het eerste gekolf en 134/2 aangeteken in hulle 20 beurte. Ligbron het in die agtiende beurt die Erries se telling verby gesteek met hulle lopies. Die Errie wat uitgeblink het, was Juan Paul Labuschagne wat 55, nie uit nie, aangeteken het.

Die Erries se o/14B-krieketspan het ook Maandag gespeel. Dié wedstryd was teen Hoërskool Secunda. Secunda het die loot gewen en eerste geboul. Hulle het uitstekend begin en die Erries kon slegs 54 lopies aanteken. Secunda het die teiken behaal sonder om ‘n paaltjie te verloor. Secunda wen die wedstryd met 10 paaltjies.

Op Woensdag 29 Augustus het EHS se dogters-krieketspan teen Ligbron se tweede span te staan gekom. EHS wen die loot en besluit om eerste te boul. Goeie boulwerk deur EHS beperk Ligbron tot 84 lopies almal uit. EHS se beste bouler is Jana-Marie Thomas met vier paaltjies vir 12 lopies in vier beurte en Anke Kruger met twee paaltjies vir agt lopies in twee beurte.

EHS gaan kolf en al die kolwers lewer ‘n bydrae. Hulle teken 85 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in 13 boulbeurte aan met die beste kolwers Ronel Jacobs wat 18 nie uit nie, aanteken en Junicke Broekman ook met 18 lopies. Anke Kruger het 13 lopies nie uit nie, aangeteken. EHS wen dié wedstryd met vyf paaltjies.

Op Donderdag 30 Augustus het daar nog krieketwedstryde plaasgevind:

EHS se o/15A-krieketspan het teen Hoërskool Standerton gespeel. Danie Theron (kaptein) het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Erries het in 46.3 beurte ‘n besondere 411 lopies aangeteken. Uitblinkers met die kolf-werk was Danie Theron (158 lopies), Juan-Paul Labuschagne (62 lopies) en Tiaan Grobler (60 lopies).

Na ete het die Erries se spoedboulers gesorg dat Standerton net 45 lopies kon aanteken. Danie Theron en Corné Jansen van Rensburg neem elk vier paaltjies in slegs vyf beurte. Arend Fourie laat spat die oorblywende twee paaltjies in slegs twee beurte.

Erries se o/15A-krieketspan wen dus met 366 lopies. Baie geluk met die oorweldigende wen.

Die Erries se Tweede-krieketspan het ook op Donderdag gespeel en kragte gaan meet teen Curro Secunda. Die Erries wen die loot en stuur Curro in. Met goeie boulwerk haal die Erries vir Curro uit vir slegs 56 lopies. Boulers wat uitgeblink het is, Dewald de Villiers, Merger Sibanyoni, Danie van Rooyen en Dylan Dewar wat elkeen twee paaltjies geneem het.

Die Erries slaan die wenlopies in die negende beurt en wen die wedstryd met drie paaltjies. Dylan Dewar het die beste gevaar tydens die Erries se kolfbeurt.

Foto heel bo: (voor, vlnr): Hendrik Louwrens

(middel, vlnr): Marco Ferreira, Isreal Heyns, Nicholaas Snyman, Wian Swart en Arend Fourie

(agter, vlnr): Jac Conradie (tellinghouer), Juan Paul Labuschagne, Christiaan Arnoldi, Zimri Büchling, Tiaan Grobler, Danie Theron (Kaptein), Corné Jansen van Rensburg en mnr. Herman Labuchagne

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal