)

Erries staan uit by ATKV-Spelathon

Op Woensdag, 29 Augustus, het twaalf Erries aan die ATKV-Spelathon se finale ronde te Generaal Hertzog in Witbank deelgeneem.
In die graad 10 – 12 Huistaal-afdeling het Vandré Swart, Theané Arnoldi, Abigail Heyns, Hanjé Erasmus, André Strauss en Zara Büchling deelgeneem. Uit 40 deelnemers behaal André Strauss ‘n agtste plek en Zara ‘n tweede plek. Met dié prestasie word Zara in die Nasionale-span ingesluit wat vanaf 12 tot 13 Oktober in Stellenboch gaan deelneem.

In die graad 10 – 12 Eerste Addisionele Taal Afdeling het Spho Mnisi en Antoinette Mthombeni deelgeneem en goed gespel.

Erries se Juniors in die Huistaal-afdeling was Kayla van der Meyden, Deidre van der Meyden, Frané Swart en Elandri Swart. Elandri Swart het ons hoogste plek behaal in die laasgenoemde afdeling met ’n vyfde plek uit die 23 deelnemers.

Baie geluk aan elke leerder wat aan die ATKV-Spelathon finaal gaan deelneem het en hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Die Erries is besonder trots op julle.

Foto bo: (voor, vlnr): Hanjé Erasmus, Theané Arnoldi, Vandré Swart, mnr. Herman Labuchagne, Abigail Heyns, Spho Mnisi, Antoinette Mthombeni en André Strauss.

(agter, vlnr): Zara Büchling, Elandri Swart, Frané Swart, Kayla van der Meyden Deide van der Meyden

Foto links: Zara Büchling

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal