Sentraal VKB-sporttoernooi. Witteberg se eerste netbalspan het die afgelope naweek tydens Hoërskool Sentraal se VKB-sporttoernooi uitstekende spel gelewer en ’n pragtige tweede plek behaal. Die dogters het ses van hul agt wedstryde gewen en groot vasberadenheid en spanwerk getoon.
Uitslae:
- Wen vs Sentraal 2des: 30–10
- Wen vs Dr Malan: 27–11
- Gelykop vs Waterkloof: 18–18
- Wen vs JF: 20–16
- Verloor vs Garsfontein: 20–23
- Wen vs Wilgerivier: 24–21
- Wen vs Voortrekker: 20–14
- Wen vs Nelspruit: 15–8
Baie geluk aan die Netbalspan! Julle het met trots en deursettingsvermoë Witteberg se naam hoog gehou. Witteberg is ongelooflik trots op julle prestasie en sien uit na wat die res van die seisoen gaan bring.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/










