Sentraal Top 20 atletiekbyeenkoms. Hoërskool Aliwal-Noord se atlete het Vrydag, 18 Februarie, aan Hoërskool Sentraal Top 20 atltiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Die byeenkoms is deur skole regoor die Vrystaat bygewoon en die gehalte atletiek was van ‘n baie hoë standaard.
Hoërskool Aliwal-Noord wens die volgende atlete geluk met die goeie prestasies wat hulle behaal het.
- Janco Labuschagne behaal ‘n 2de plek vir Mans o/19 100mH in ‘n tyd van 16.50s.
- Logan Thyssen behaal ‘n 2de plek vir meisies o/15 LJ met ‘n afstand van 4.38m.
- Petra Kok meisies o/15 vir 100m behaal ‘n derde plek met ‘n pragtyd van 12.80s.
- 4de Plekke is behaal deur Ethan du Plessis vir seuns o/17 200m in 23.05s; Kamy McPherson vir meisies 0/17 LJ (4.38m) en Keyshaun Basson vir seuns 0/15 100m (11.89s) en Tristan Heynes seuns o/17 110mH (16.50s).
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za