Sentraal Netbaltoernooi. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste netbalspan het baie goed presteer in die Sentraal netbaltoernooi. Uit veertien deelnemende skole eindig BHVS vierde in hul poel van 7 skole.
Oorwinnings is behaal oor HoĂ«rskool Upington en HoĂ«rskool Kalahari. Teen HoĂ«rskool Jim Fouche het BVHS gelykop gespeel. Hulle wen in die uitspeelrondte met 23-15 teen Pearson High School. Voortrekker behaal algeheel ‘n 7de plek.
Baie trots!Deelnemende skole was Noordheuwel, Kalahari, Jim Fouche, Fichardtpark, Trio, Pearson, Helpmekaar, Wilgerivier, Duineveld, Pietersburg, Upington, Oos-Moot, Oranje en Voortrekker.
Daar was vyf Vrystaat skole, Oranje, BVHS, JF, Trio en Wilgerivier. Van hierdie vyf skole behaal BVHS die tweede plek.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf