Senior SA Muurbal Plattelandtoernooi. Drie Kwaggas het Hoërskool Outeniqua se naam die afgelope naweek hoog gehou op die muurbalbaan.
Ian de Jager, Áine Ferreira en Tiané Goosen, asook hul afrigter, Oz Campbell, het aan die Senior SA Plattelandtoernooi deelgeneem. Almal het goed gevaar en het net ‘n paar wedstryde verloor.
Baie geluk aan Ian de Jager wat die enigste skolier is wat in die Senior SA Plattelandspan opgeneem is. Oz Campbell is reserwe. Hulle sal volgende maand aan die Jarvis Toernooi (Senior SA Toernooi) deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf