Derby 2022. Bethlehem Voortrekker Hoërskool: 120 jaar en Hoërskool Witteberg: 50 jaar. Beide skole herdenk hul feesjaar in 2022. Dit maak van Derby 2022 ‘n geskiedkundige gebeurtenis.
Tydens die Derby van 2022 het Voortrekker se sportspanne karakter getoon. Tradisie kweek Trekkertrots. Hierdie wete het elke speler wat opgedraf het in BVHS se trotse kleure, aangespoor om die beste gebruik te maak van elke geleentheid. Ook langs die veld het die Trekker-skare nie die toeskouers teleurgestel nie. Met uitbundigheid het hul Trekkergees gevier. Die sang, matriek-optog, skoollied en Tshiba Tswara voor die hoofwedstryd, het die Manne-in-Swart aangespoor tot ‘n oorwinning van 20-16. Die sleutel tot sukses lê gekoester in Trekkertrots.
Rugby:
Op die rugbyveld het die spelers bewys waarom Voortrekker ‘n krag is om mee rekening te hou. Voortrekker se eerste span het nie teleurgestel nie. Met naelbytoomblikke tot aan die einde, maar ‘n gemotiveerde tweede helfte, het kaptein Louis Janse van Vuuren en sy span hul opponente verras. Jake Landman is aangewys as speler van die wedstryd. Goeie afrigting, spanwerk en karakter, was die wenresep vir hierdie oorwinning. Halftyd was BVHS met 4 punte voor: 10-6. Punte is as volg deur Voortrekker se eerste IV aangeteken: Drieë: Jake Landman twee, Ruben Kruger en DH Stevenson elk 1. Baie dankie aan elke afrigter van al die spanne vir hul toegewydheid gedurende die afgelope seisoen. Die spelers se dissipline op die veld het getuig van sportmanskap.
Rugbyspanne: BVHS WEN 6 uit 9 RUGBY SPANNE.
- 14A wen 24 – 0
- 14B verloor 10 – 12
- 15A wen 22 – 19
- 15B wen 55 – 0
- 16A verloor 7 – 15
- 16B wen 48 – 7
- 3des verloor 13 – 21
- 2des wen 22 – 0
- 1stes wen 20 – 16
Netbal:
BHVS se eerste netbalspan (o/19A), met Carli Shannon as kaptein, wen met 40-12 . Deursettingsvermoë, spanwerk en goeie afrigting het daartoe bygedra dat netbal inderdaad op die dag geseëvier het. Anke Heyns is aangewys as speler van die wedstryd.
Netbaltellings teen Witteberg:
- 14A wen 27-6
- 14B wen 23-4
- 14C wen 19-0
- 15A wen 25-12
- 15B wen 22-13
- 15C wen 18-1
- 16A wen 17-5
- 16B wen 15-12
- 16C wen 7-5
- 3des wen 13-7
- 2des wen 23-15
- 1stes wen 40-12
Voortrekker wen al 12 hulle wedstryde.
Hokkie:
Op die hokkieveld het Voortrekker se eerste seunsspan teen Witteberg gespeel met goeie, gedissiplineerde spel onder die leiding van hul kaptein, Wian Burger. Die eindtelling van 1-1 was die resultaat van spanwerk en goeie voorbereiding deur hul afrigters. Dudu Miya is aangewys as speler van die wedstryd.
Die eerste meisiespan het met 6-1 gewen. Ten spyte van reën, koue en sterk wind het hokkie geseëvier. Uitstekende spanwerk het die span tot aan die einde van die wedstryd gedra onder die leiding van Amelia Lamprecht, hul kaptein. Ntsopa Mokoena is aangewys as speler van die wedstyd. Voortrekker se ander spanne het as volg gevaar:
- 2de seuns wen 5-0
- 2de meisies wen 4-0
- 3de meisies wen 1-0
- 16B verloor 0-1
- 14B verloor 0-3 teen gekombineerde 14A/16B span in vriendskaplike wedstryd
- 14A seuns verloor 3-2
- 16A seuns verloor 2-1
- 1e seuns speel gelyk 1-1
- 14A meisies wen 2-0
- 16A meisies speel gelyk 1-1
- 1e meisies wen 6-1
Voortrekker wen 5 wedstryde, speel 2 gelykop en verloor 3 ligawedstryde.
Derbydag is vir die Bethlehem-gemeenskap ‘n hoogtepunt op die kalender. Na Covid het ons uitgesien na hierdie dag. Die hoofleiers van 2021 was deel van die Matriekoptog om ook aan hulle die geleentheid te bied om deel te hê aan die besonderse dag. Voortrekker was die gasheerskool en het met baie moeite die dag moontlik gemaak. Die Voortrekker-gemeenskap het die hoogste waardering daarvoor. Toeskouergees tussen die twee skole het van goeie sportmanskap gespreek. Beide skole se rasieleiers het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Bethlehem se skole is die Bethlehem-gemeenskap se trots.
Non sibi sed patriae sedert 1902.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za