Eden Mini Tennistoernooie. Hoërskool Outeniqua, George, se leerders het die afgelope naweek die Eden Mini Tennistoernooie oorheers.
Drikus De Jager het die mans enkels afdeling gewen. Hy gaan voort om die dubbels te wen saam met sy spanmaat. Hulle het teen Willem Breytenbach en sy spanmaat gespeel.
Devilliers Lamprecht het deelgeneem aan die o.14 enkels afdeling. Devilliers het ook die enkels gewen.
Ilé Lategan het in die dames afdeling deelgeneem en wen beide die enkels en die dubbels.
Ivan Beukes het aan die CPT Mini Tennistoernooi in die o.16 afdeling deelgeneem. Hy het ook beide die enkels en dubbels gewen!
Baie geluk aan Drikus, Devilliers, Ivan en Ilé met die fantastiese prestasies!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf