Senior Afrikaanse Olimpiade. Vanjaar het veertig Paul Roos-leerders vir die Senior Afrikaanse Olimpiade Huistaal en Eerste Addisionele Taal Olimpiade, wat op 20 Mei plaasgevind het, ingeskryf.
Die volgende prestasies is behaal:
- Jan Lutz (gr. 11) het in die Huistaal afdeling 10 de in die Wes-Kaap gekom.
- Jethro Phillips (gr. 12) 17de in die Eerste Addisionele Taal afdeling in die Wes-Kaap.
- William Louw (gr. 11) 1 ste in die Eerste Addisionele Taal afdeling in die Wes-Kaap met ʼn gemiddeld van 92% . William wen ook ʼn kontantprys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf