Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Reinardt Visser, Onderhoofseun Sport van Hoërskool Middelburg gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om my vriende te sien na ‘n lang vakansie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou graag wou gehad het dat die skool bietjie vroeër toemaak op ‘n Vrydag, maar dit gaan nie gebeur nie.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Middies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Middies is die plek waar jy jouself kan wees en jouself kan uit leef en daar is altyd mense wat jou sal help met jou probleme en jy sal definitief ‘memories’ maak by Middies.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Meneer Basson.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Krieket
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My ma se macaroni en kaas.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ingenieurswese of Argitektuur
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Tukkies
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Wees positief in hierdie onsekere tye en glo en vertrou dat alles goed sal gaan deur die jaar en om in alle omstandighede ‘n positiewe houding te hê.