)

Schools that rock gesels met Brady Welthagen

Schools that rock het ‘n paar vrae aan Brady Welthagen, Onderhoofseun Akademie van HoĆ«rskool Middelburg gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste daarna uit om die nuwe babas te ontmoet, asook, natuurlik, om die matriekwiskunde aan te pak!

Vraag: Indien jy die skoolhoof van HoĆ«rskool Middelburg was, is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Beslis. Wat ek graag sou wou sien verander, is die gedrag van die skoliere in die badkamers. Ons het ā€˜n pragtige skool waarvoor ons dankbaar moet wees, maar die skoliere moet dit begin oppas.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Middies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Middies is regtig so ā€˜n goeie hoĆ«rskool – en ek sĆŖ dit nie net nie! Ek het mysĆ©lf in hierdie hoĆ«rskool gevind en HoĆ«rskool Middelburg het vir my ā€˜n visie, moed en hoop gegee. Middies het vir my standvastigheid in my waardes geleer en daarvoor is ek uiters dankbaar.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Alhoewel hy nou-net klaar gematrikuleer het en nie meer in die skool is nie, is Willem Kurpershoek ‘handsdown’ my rolmodel. Willem het my regtig gemotiveer om my akademiese potensiaal raak te sien en hard daaraan te werk. Sy besonderse deursettingsvermoĆ« en harde werk het my hele lewe verander en ek kan nie meer dankbaar daarvoor wees nie. Willem, bitter baie dankie, jy het my lewe ten goede verander.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek dink die hele skool weet reeds dat dit dans is, alhoewel ek nou die dag vir die eerste keer saam met my oom gholf gaan speel het en dit ook ontsettend baie geniet het.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Genade, ek eet enigiets! As ek nou regtig iets wat uitstaan moet kies, sal dit sekerlik sushi (spesifiek salmon roses) wees.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Geoktrooieerde Rekenmeester, of enigiets met syfers.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Tukkies is my eerste keuse en Stellenbosch my tweede.

Vraag: ā€˜n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021 My mede-Middies, hanteer mekaar met respek. Ek glo ons kan elkeen aan diĆ© einste waarde werk…ek weet Ć©k kan. Niemand van ons moet ons belangriker as ā€˜n ander ag nie. Ek dink die grootste tragedie van die mensdom is: ons is almal mense, maar selde menslik. Neem ā€˜n oomblik en prosesseer daardie woorde. Kom ons begin van dag een af mekaar beter hanteer en meer liefde teenoor mekaar betoon. Die wĆŖreld kan só ā€˜n aangename plek wees, maar terselfdetyd ā€˜n aaklige een. Daar is genoeg haat wat ronddwaal, kan ons vir eens liefde begin versprei? Ja, ons kan – en ons gaan! Ek is lief vir julle elkeen en ek kan nie wag om diĆ© jaar saam met julle aan te pak -ten spyte van die pandemie!



Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal