Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Liesje Bruwer, Presidente van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Na die prikkie op my bo-arm, want dit beteken dat alles op ons skoolkalender kan gebeur.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou tydens saalperiode my water direk uit my botteltjie gedrink het, en nie eers in ‘n glas oorgegooi het nie.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? AHMP verkoop haarself, dit sal nie vir my nodig wees om iemand te oorreed nie.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Al ons Affie personeel is volwaardige rolmodelle.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek swem graag vir ons skool se d-swemspan.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Pap en melk, ek eet dit elke dag.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil ‘n loopbaan volg in Internasionale handel.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosh
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Liefste Affies, kom ons staan hierdie jaar naby aan mekaar: wel 1.5 meter om presies te wees, en moedig mekaar aan om steeds hoër te groei, dieper wortel te skiet in ons Skepper en Beskermer, sodat geen wind een van ons kan omwaai nie! Ons Ãs EEN!