)

Schools That Rock gesels met Anjé Viljoen

Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan Anjé Viljoen, Hoofdogter van Hoërskool Montana in Worcester.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit om al die nuwe uitdagings met passie aan te pak wat Covid-19 vir ons geskep het en die jaar so suksesvol moontlik te maak.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? In die huidige situasie en omstandighede is daar niks wat ek sou kon verander of verbeter nie want Mnr Diedericks doen reeds alles in sy vermoë en ‘n uitstekende taak om ‘n veilige, gesonde en aangename omgewing vir ons te skep. 

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoërskool Montana hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Montana is meer as net ‘n skool met vreemde gesigte wat jy elke dag in die gange sien – dit voel of ons een groot familie is. Elke kind kan hier hul potensiaal leef.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is Meneer Dawid Kruger. Hy straal elke liewe dag sy passie vir sy werk en vir die lewe uit. Sy entoesiastiese uitkyk op die lewe inspireer my elke dag en help my om verby die negatiewe aspekte te kyk en op die positiewe te fokus. Geen uitdaging is vir hom te groot nie.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Beslis Veldskiet, maar Atletiek en Gholf is nie ver agter nie.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My ma se kookkos is altyd ‘n wenner!

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek is nog nie 100% seker wat ek wil gaan studeer nie maar solank dit my gelukkig maak, maak dit glad nie saak nie.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch 

Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Die lewe is te kort om bang te wees. Leef voluit, gryp elke geleentheid met albei hande aan en moet nooit moed verloor nie. 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal