Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Lerato Rakotsoane, Hoofleier van Hoërskool Theunissen.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit na my nuwe skooldrag en my laaste jaar in die Hoërskool.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek wil graag sien dat kultuur terug moet kom.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoërskool Theunissen hul keuse te maak, wat sal dit wees? By Hoërskool Theunissen sal jy definitief IEMAND wees.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Mnr WH van der Colf. Hy was al oorsee en het die geleentheid gehad om ander kulture te leer ken.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie, maar dit word ongelukkig nie by ons skool aangebied nie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Hotdog sonder mostert.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Biokinetika
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? NWU
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? “Chase excellence and success will chase you”