Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Amori Pristl, Hoofleier van Hoërskool Theunissen.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit met die begin van die 2021 skooljaar? Ek wil graag goeie punte behaal sodat ek verder kan studeer en klaar te maak met matriek.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek wil graag beter dissipline sien en respek vir die leerders. Ek sal ook graag meer geleenthede wil hê vir die leerders om buitemuurse aktiwiteite te kan doen.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons het uitstekende onderwysers wat uit hul pad gaan om die leerders te help.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Veronica Visser.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Netbal
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Blomkool en Broccoli met witsous en kaas.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? ‘personal trainer’, diëetkundige of fisioterapeut.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek is van plan om ‘n leerlingskap by Virgin Active te doen
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Tweede plek is eerste verloorder. Werk hard of bly agter.