Wat ‘n voorreg was dit nie vanoggend vir die personeel en leerders om PHS se nuwe hoof, mnr Adolf Ellis en sy vrou Estie met ope arms in die Bosveld te verwelkom nie!
PHS se hoofseun en hoofdogter het mnr Ellis met Scotty (die hoofseun se ampsmotor) aangery. Die jeugwerker, Jessica, het die geleentheid op gepaste wyse begin met ‘n baie spesiale boodskap. Juffrou Ina van der Merwe het mnr Ellis verwelkom en aan die leerders voorgestel. As deel van juffrou Ina se boodskap is daar wit duiwe vrygelaat as simbool van hoop vir hul nuwe hoofstuk wat vandag begin het.
Die Pieties wens vir mnr Ellis en sy gesin jare van geluk, vreugde en vrede toe by PHS.
#pietietrots#eeufees2021#nuwehoof#nuwebegin
Foto’s verskaf