)

Schools That Rock gesels met Ezmari Vorster en Stephan Bekker

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Ezmari Vorster, Presidente en Stephan Bekker, President van die Leierraad van HoĆ«rskool Garsfontein in Pretoria.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin?

Ezmari: Ek sien met opwinding uit om saam met die mede-leierraad die skoolprojekte asook nuwe inisiatiewe en uitdagings aan te pak om sodoende ā€˜n verskil en impak te maak. Om in die proses nuwe dinge te leer en in my menswees te groei. Ek hoop vir ā€˜n bietjie normaliteit in die COVID-realiteit.

Stephan: Ek sien vreeslik uit om weer met al die skoolaktiwiteite te kan begin. Om die uitdagings wat Covid 19 gebring het, te oorwin en om nuwe kreatiewe maniere uit te dink om ons projekte met sukses af te handel. Ons Garsieraad, saam met die hele skool, is slaggereed om 2021 met nuwe moed en ywer aan te pak, en om weer te beklemtoon waarom hierdie die nommer 1 skool is.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoƫrskool Garsfontein?

Ezmari: Om Mnr Bantjes se skoene vol te staan, is amper ā€˜n saak van onmoontlikheid. In die moeilike tyd van Covid probeer Mnr Bantjes vir ons motiveer en hoop gee.  Ons kan verder bou aan die Garsie-gees en eenheid.

Stephan: Persoonlik dink en glo ek dat Mnr Bantjes, ons skoolhoof, die hele Covid 19- situasie uitstekend hanteer, en om al die personeel en leerders veilig te hou. Hy bestuur en beheer en gee soveel om vir die skool en die gemeenskap, dat dit ā€˜n uitdaging gaan wees om iets te kan verbeter omdat sy standaarde so hoog is.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Garsies hul keuse te maak, wat sal dit wees?

Ezmari: Hier is ā€˜n plek vir elkeen by die HoĆ«rskool Garsfontein familie. Almal by Garsies is wenners. Jy hoef nie nommer 1 te wees om ā€˜n wenner te wees nie. Ons erken en vier mekaar se uniekheid. Eenmaal ā€˜n Garsie, altyd ā€˜n Garsie!

Stephan: As jy ā€˜n skool soek waar jy jou uniekheid en volle potensiaal kan kom uitleef, is daar geen ander keuse as GARSIES  nie.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool?

Ezmari: Elke onderwyser wat my pad kruis laat ā€˜n stukkie lewenswysheid by my. As daar onderwysers is wat ek mag uitsonder is dit my Engelse onderwyseres,  juffrou Wiid. Ek het nog nooit so ā€˜n agtermekaar persoon ontmoet soos sy wat die fynere dinge raaksien nie. Sy sal altyd die ekstra myl saam met jou stap.Juffrou van Loggerenberg is die moderne weergawe van Sneeuwitjie met dissipline, netheid en stiptelikheid. My registeronderwyser, meneer Viljoen, pak als met rustigheid aan en het ā€˜n ā€œRome is nie in eendag gebou nieā€- filosofie en in die interessante en veelkleurige klas van meneer Prinsloo, ons Garsieraad-voog, se klaskamer, is daar altyd antwoorde.

Stephan: My rolmodelle by die skool is definitief my onderwysers. Juffrou Cloete, my drama onderwyser, toon soveel liefde, omgee en ondersteuning vir ons leerders en is altyd gereed om te help in alle omstandighede. Mnr Prinsloo wat ons swemorganiseerder en Garsieraadvoog is, het altyd goeie raad en ā€˜n oplossing vir enige probleem of situasie wat mag opduik. Ons is so bevoorreg en het regtig personeel wat al ons leerders op die hande dra.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling?

Ezmari: Beslis perdry

Stephan: Ek is al van kleins af lief vir die water. Swem is  definitief  my gunsteling sportsoort.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg?

Ezmari: As ek mag, sal ek my eersgeborereg verkoop vir sushi.

Stephan: As ek vandag my laaste maaltyd moes kies, sal dit definitief seekos wees.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool?

Ezmari: Ek sal graag in die mediese rigting wil gaan studeer.

Stephan: Ek sal graag my liefde vir swem professioneel, as beroep, wil beoefen.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan?

Ezmari: Kieskeurig kan ek nie wees nie- waar ek kan keuring kry.

Stephan: Ek wil bittergraag in ā€˜n B.Comm -rigting in  Amerika gaan studeer, om sodoende ook my passie vir swem na ’n  volgende vlak te neem. My passie om te reis wil ek ook graag uitleef.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021?

Ezmari: Leef voluit! Maak van vandag die beste wat jy kan. Dit is nie wie jy beĆÆndruk nie, maar wie jy beĆÆnvloed in die jaar wat voorlĆŖ. Moenie terugkyk na 2020 nie. Kyk vorentoe, wees deel en die heel belangrikste: wees jy! Geniet elke oomblik van 2021.

Stephan: Maak die beste van alle omstandighede en moenie dat enige iets jou onderkry nie. Ons het geleer uit die verlede en sien met afwagting uit na die toekoms. ā€˜You are born to stand out, not to fit in.’

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal