)

Hoërskool Nelspruit kry nuwe Seniordrag

NHS se 2021 matrieks spog eersdaags met splinternuwe seniordrag. Die BK van 2019 het die versoek vir nuwe matriekdrag aan die Beheerliggaam gerig. Na vele konsultasies is die voorstel goedgekeur en is daar besluit om die matriekdrag volgens die voorgestelde behoeftes van die leerders aan te pas.

Die seuns sal in plaas van die swart langbroeke nou ‘n lang kakiebroek met Grasshopper vellies dra. Die meisies se swart rompies is nou groen, en die geel hempies is met ‘n wit een vervang. Die seuns én die meisies sal nou met dasse kan spog.

So ver as wat daar teruggeblaai word in NHS se argiewe is die seniordrag net twee keer verander. Hier is ‘n paar ‘kiekies’ uit vervloë dae van vorige hoofleiers in hul seniordrag.

Die Nellies dra steeds hul klere met trots en bou net voort op die trotse tradisies wat oud-Nellies vir hulle nagelaat het.

Hou die skool se sosiale media dop vir meer foto’s van die Klas van 2021 in hulle splinternuwe klere, wanneer hulle Maandag, 15 Februarie, terugkeer skooltoe.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal