)

Schools That Rock gesels met Conrad Prins

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Conrad Prins, Hoofseun van HoĆ«rskool Robertson gestel

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie daarna uit om my vriende weer te sien, met sport te begin en om as leerlingraad saam te werk en te groei tydens ons laaste jaar by Hoƫrskool Robertson. Ek glo en vertrou dat ons die geleentheid gaan kry om ons uit te leef op alle gebiede. Natuurlik ook op sosiale gebied.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal net graag wil hĆŖ dat alles weer na normaal moet terugkeer en dat elke Robbie sport kan doen en weer sosialiseer.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Skool is n plek wat jou voorberei vir die toekoms en Hoƫrskool Robertson skep die regte geleenthede op akademiese, sosiale en sport-gebiede om kinders voor te berei vir die lewe daar buite. Daarom is Hoƫrskool Robertson die regte keuse.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Stemmet. Sy doen altyd baie moeite met haar lesse en ‘n mens kan sien dat sy ‘n groot passie het vir wat sy doen.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enige gereg met vleis.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag n Chiropraktisyn word.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Johannesburg(UJ)

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie, ons het ‘n keuse hoe ons daarop wil reageer. Ons moet positief bly en steeds hard werk om ons doelwitte te behaal, ten spyte van hierdie jaar se uitdagings.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal