Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste Rugbyspan, Louis Janse van Vuuren, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.
“Dit is absolute trots en gaan gepaard met die swart trui wat al jare se hoendervleis-oomblikke en geskiedenis insluit. Dit is ‘n droom waarvoor mens al vanaf gr 8 af voor werk. Die broederskap, lesse en herinneringe wat mens kry, is iets wat mens nooit wil verloor nie.
Ons span het baie diepte en die persoon wat van die bank af kom, is net so goed soos die persoon wat begin het.
Om Saterdae te speel, is verseker die hoogtepunt van die week. Die talente wat ons ontvang het en die voorreg om te speel, kom alles van die Here af en daarom probeer ek altyd om my alles te gee.
‘n Groot hoeveelheid van ons ken mekaar al van laerskoolvlak af en ons probeer net elke dag verbeter en te bou op wat ons het. Ons span het al ‘n hele paar groot oomblikke beleef, maar ek dink die grootste oomblik is om die swart trui oor jou kop te trek, omdat mens al van gr 8 af daarna uitsien en daarvoor werk.
‘n Hoogtepunt is om na ‘n goeie wedstryd weer in ‘n kringetjie as ‘n span saam te kom en almal se smiles en vibes te sien en voel.
Tackle, Dummy, Wendrie druk”
Foto’s verskaf