)

Schools That Rock gesels met BHVS se 1ste Rugbyspan Kaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste Rugbyspan, Louis Janse van Vuuren, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.

“Dit is  absolute trots en gaan gepaard met die swart trui wat al jare se hoendervleis-oomblikke en geskiedenis insluit. Dit is ‘n droom waarvoor mens al vanaf gr 8 af  voor werk. Die broederskap, lesse en herinneringe wat mens kry, is iets wat mens nooit wil verloor nie.

Ons span het baie diepte en die persoon wat van die bank af kom, is net so goed soos die persoon wat begin het.

Om Saterdae te speel, is verseker die hoogtepunt van die week. Die talente wat ons ontvang het en die voorreg om te speel, kom alles van die Here af en daarom probeer ek altyd om my alles te gee.

‘n Groot hoeveelheid van ons ken mekaar al van laerskoolvlak af en ons probeer net elke dag verbeter en te bou op wat ons het. Ons span het al ‘n hele paar groot oomblikke beleef, maar ek dink die grootste oomblik is om die swart trui oor jou kop te trek, omdat mens al van gr 8 af daarna uitsien en daarvoor werk.

‘n Hoogtepunt is om na ‘n goeie wedstryd weer in ‘n kringetjie as ‘n span saam te kom en almal se smiles en vibes te sien en voel.

Tackle, Dummy, Wendrie druk”

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal