)

Laerskool Stulting huldig 2021 prefekte in

Foto bo: Die leerlingraad van 2021 saam met Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof)

“Bewus van die eer wat my te beurt geval het en ten volle bewus van die verantwoordelikheid wat ek sal moet dra, belowe ek in die teenwoordigheid van hierdie vergadering van ouers, personeel en leerlinge om ten alle tye my pligte na te kom”…  

So het die eed geklink wat die onderhoofdogter- en seun van 2020, Anja Jansen van Vuuren en Liam Bekker, tydens die amptelike inhuldigingsgeleentheid van Stulting se 2021 prefekte aan die nuwe leerlingraad voorgelees het.

Hierdie geleentheid het onlangs in die skool se spoggerige nuwe klubhuis plaasgevind, waartydens die voormalige hoofdogter (2016) van Stulting en huidig onderhoofdogter van Hoërskool Nico Malan, Timany Mostert, asook die voormalige hoofseun (2020) van Stulting, Nico Lourens, die prefekte van 2021 toegespreek het.  

Baie geluk aan elke leerder en ook hul ouers wat tot die leerlingraad verkies is, asook in besonder aan die 4 hoofleiers wat tydens die geleentheid aangewys is. 

Hoofseun: Juandré Spangenberg

Hoofdogter: Eliska Nel

Onderhoofseun: Merwe van der Merwe

Onderhoofdogter: Naruschka Conradie

Die 4 hoofleiers wat tydens die spoggeleentheid aangewys is.  Juandré Spangenberg (hoofseun), Merwe van der Merwe (onderhoofseun), Naruschka Conradie (onderhoofdogter), Eliska Nel (hoofdogter)

Vlnr: Eliska Nel (hoofdogter), Naruschka Conradie (onderhoofdogter), Anja Jansen van Vuuren (2020 onderhoofdogter), Timany Mostert (2016 onderhoofdogter en ook huidiglik die onderhoofdogter van Hoërskool Nico Malan), Nico Lourens (2020 hoofseun), Liam Bekker (2020 onderhoofseun), Merwe van der Merwe (onderhoofseun) en Juandré Spangenberg (hoofseun)

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal