Foto bo: Die leerlingraad van 2021 saam met Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof)
“Bewus van die eer wat my te beurt geval het en ten volle bewus van die verantwoordelikheid wat ek sal moet dra, belowe ek in die teenwoordigheid van hierdie vergadering van ouers, personeel en leerlinge om ten alle tye my pligte na te kom”…
So het die eed geklink wat die onderhoofdogter- en seun van 2020, Anja Jansen van Vuuren en Liam Bekker, tydens die amptelike inhuldigingsgeleentheid van Stulting se 2021 prefekte aan die nuwe leerlingraad voorgelees het.
Hierdie geleentheid het onlangs in die skool se spoggerige nuwe klubhuis plaasgevind, waartydens die voormalige hoofdogter (2016) van Stulting en huidig onderhoofdogter van Hoërskool Nico Malan, Timany Mostert, asook die voormalige hoofseun (2020) van Stulting, Nico Lourens, die prefekte van 2021 toegespreek het.
Baie geluk aan elke leerder en ook hul ouers wat tot die leerlingraad verkies is, asook in besonder aan die 4 hoofleiers wat tydens die geleentheid aangewys is.
Hoofseun: Juandré Spangenberg
Hoofdogter: Eliska Nel
Onderhoofseun: Merwe van der Merwe
Onderhoofdogter: Naruschka Conradie
Vlnr: Eliska Nel (hoofdogter), Naruschka Conradie (onderhoofdogter), Anja Jansen van Vuuren (2020 onderhoofdogter), Timany Mostert (2016 onderhoofdogter en ook huidiglik die onderhoofdogter van Hoërskool Nico Malan), Nico Lourens (2020 hoofseun), Liam Bekker (2020 onderhoofseun), Merwe van der Merwe (onderhoofseun) en Juandré Spangenberg (hoofseun)