SANESA-Span – Hoërskool DF Malan se SANESA-Span het weggery met ‘n eerste plek by die SANESA Cape Metro! Hoërskool DF Malan se ruiters het die 2025-seisoen met flair afgesluit. Hulle behaal die eerste plek vir die meeste totale punte in die Cape Metro-streek. Hierdie prestasie is te danke aan ’n groep toegewyde en talentvolle ruiters wat deur die jaar uitmuntend gevaar het.
Individuele uitblinkers van die SANESA-Span is as volg:
- Mariska Brink het ’n ware ruiterkoningin geword met:
- 1ste in Dressage (vlak 2)
- 2de in Equitation (vlak 3)
- 1ste in In Hand
- 3de in Performance Riding
- 1ste in Prix Caprilli
- 3de in Show Jumping (80 cm)
- Sy het ook die Victrix Ludorum-toekenning gewen. Dit is ’n ongelooflike prestasie!
- Emma Keating
- 1ste in Dressage Freestyle
- 3de in Equitation (vlak 1)
- Lara van Rooyen
- 3de in Equitation (vlak 2)
- 2de in Show Jumping (80 cm)
- Anika Fourie
- 1ste in Working Hunter (vlak 1)
- 2de in Equitation (vlak 2)
- Tiani Ellis
- 1ste in Performance Riding
- Micke Marais het aan twee kompetisies deelgeneem en kon dus nie vir ’n seisoenplasing kwalifiseer nie. Haar punte het egter steeds ’n waardevolle bydrae gelewer tot DF Malan se algehele oorwinning.
Baie dankie aan al die ouers wat agter die skerms help, van vervoer tot ondersteuning en aanmoediging. SANESA is ’n spansport, en hierdie oorwinning is net moontlik gemaak deur spanwerk, toewyding en ’n liefde vir perdry.
DF Malan is trots op elke ruiter van die SANESA-Span. Julle het Dee-Effers se naam hoog gehou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








