SAICA Rekeningkunde Olimpiade. Hoërskool Parys het 1ste, 2de en 3de plek in die Fezile Dabi-streek vir die SAICA Rekeningkunde Olimpiade tydens die prystoekenningsgeleentheid by die Universiteit van die Vrystaat, ontvang.
Kyla Coetzee het die eerste plek verower, terwyl Maritza Nel en Mené Fourie onderskeidelik tweede en derde geëindig het. Tydens die spoggeleentheid is Kyla ook aangewys as die naaswenner in die Vrystaat/Noord-Kaap. Maritza is in die 4de plek en Mené is gesamentlike in die 5de plek.
Die provinsie het ook die top 3 SAICA rekeningkunde onderwysers vir die twee provinsies aangewys waartydens mev. H. Scheepers as een van die top drie onderwysers aangewys is. By die geleentheid het Kyla ‘n tablet ontvang en al drie wenners het ook kontantpryse ontvang.
Die geleentheid word jaarliks deur mnr. P. Fouché gereël met goeie borge vanaf SAICA, Peyper Forensies en die Universiteit van die Vrystaat.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf