ATKV Redenaarskompetisie. Twee leerders van Paul Roos Gimnasium, Steffan Thielen en Waldo van Zyl, het hul skool trots gemaak. Hulle het op Vrydag, 18 Augustus, aan die ATKV Redenaarskompetisie se nasionale finaal deelgeneem. Die finaal is by Goudini Spa aangebied. Albei leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en oortuigende toesprake gelewer.
Steffan het aan die Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal Onvoorbereide Kategorie deelgeneem. Hy is toe bekroon as die Nasionale wenner van sy kategorie en verower ook die prestasie as die beste taalgebruiker binne sy kategorie.
Steffan is ook aangewys as die algehele Nasionale wenner van vanjaar se Redenaarskompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf