SAHRA SA Kampioenskappe. Hoërskool Hoopstad vier Jandré Breedt se skietsukses 🎯
Baie geluk aan Jandré Breedt, wat met groot toewyding aan die SAHRA SA Kampioenskappe deelgeneem het.
Jandré het ’n puik prestasie gelewer deur 6de plek te behaal en is gekies as deel van die Top 7 van die Nasionale Juniorspan. Hierdie span gaan later vanjaar Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Kaapstad – ’n ongelooflike eer en geleentheid!
Hoopies is baie trots op jou, Jandré! Jou harde werk en deursettingsvermoë inspireer jou skool en gemeenskap.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










